Back

Boete van R380 000 vir onwettige drankhandel in Kuilsrivier opgelê

WES-KAAP. – Hemraj Tamang, ’n Nepalees, is in die Kuilsrivier-landdroshof skuldig bevind aan die onwettige besit van 2 676 bottels drank wat vir uitvoer bestem was, maar herverpak is om plaaslik verkoop te word. Hemraj Tamang is ’n boete van R380 000 opgelê, terwyl gevangenisstraf van twee jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Die saak het aan die lig gekom nadat die polisie ’n woning in Kuilsrivier deursoek het waar dranketikette vervang en die bottels in ander bokse verpak is. Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê Tamang het ingevolge ’n pleit- en vonnisooreenkoms erken dat hy die drank by ’n onbekende persoon gekoop het. Die drank is uit ’n doeanepakhuis verwyder sonder dat die vereiste doeane- en aksynsbelasting betaal is. Die bottels was gemerk “slegs vir uitvoer”, maar die etikette is verwyder en vervang voordat die drank vir die plaaslike mark herverpak is. Beslag is gelê op R149 890 se kontant, twee geldtelmasjiene en vier gomgewere wat na bewering in die proses gebruik is. Hemraj en Sumitra Tamang, onderskeidelik 45 en 49 jaar oud, is saam met nog vier persone in hegtenis geneem.

Tamang moet ook R170 000 in die strafbateverhalingrekening inbetaal as voorwaarde vir die opgeskorte vonnis. Die hof het beveel dat die drank en die gekonfiskeerde kontant aan die staat verbeurd verklaar word. Tamang is verder met R2 500 beboet, of moet een jaar gevangenisstraf uitdien, vir sy onwettige teenwoordigheid in die land. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Sumitra Tamang, 39, is ook skuldig bevind aan onwettige teenwoordigheid in Suid-Afrika en dieselfde opgeskorte boete opgelê. Albei word deur repatriasie in die gesig gestaar.

The post Boete van R380 000 vir onwettige drankhandel in Kuilsrivier opgelê appeared first on Nuusflits .

The full article is being collected. Available text is shown for now.

Back
Share this story

Get the daily newsletter →

Ask globalread.info

AI news & website helper
What would you like to explore?

I can find stories, explain headlines, or help you use globalread.info.

AI can make mistakes. Check the linked sources. Questions are sent to OpenAI.